GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Graad 4-leerling in Speeltoneel-projek

Mia Trauernicht het 'n blink toekoms wat voorlê.

Mia Trauernicht van Maragon in Olympus in graad 4, het onlangs aan ’n oudisie vir Speeltoneel-projek 2019 deelgeneem. Die projek word deur Izak Davel en ABS Produksies aangebied.

Sy het die oudisie geslaag en daar gaan nou tot Desember 2019 gefokus word op die ontwikkeling van elke suksesvolle kandidaat deur middel van ’n kombinasie van opleiding in drama (spesifiek teater en televisiedrama) en geleenthede.

Geleenthede sluit optredes by vertonings soos Sing in Harmonie, Kleuterzone, Uitblinkers en meer in.

Daar is ook teaterstukke en geleentheid vir televisie- en advertensie-opnames.

Mia is mal oor die verhoog en wil baie graag eendag in ’n fliek speel.

Haar gunsteling tydverdryf is om haar familie te vermaak met toneelstukkies (meestal komedies) wat sy self skryf en uitwerk.

Sy hou daarvan om mense te vermaak en te laat lag.

Mia Trauernicht. Foto: Voorsien

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button