GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Maragon Olympus hou Mammadag

Mammadag was spesiaal vir beide kinders en mammas.

Vrydag, 18 Januarie 2019 was ’n besonderse dag vir elke graad 1-leerder van Maragon Olympus.

Dit was Mammadag en die mammas kon saam met hul graad-eentjies voel hoe dit is om in die skool te wees.

Die mammas het gesit en storie geluister soos toe hulle nog klein was.

Dit was pret om die mammas op hul stoeltjies te sien sit en so saam-saam het mammas en hul kinders ’n aktiwiteit voltooi.

Trots kon die leerders ook hul liedjies en gediggies wat hulle tot dusver geleer het, opsê.

Die mammas is met ’n blommetjie, wat hul graad-eentjie saam met hulle geplant het, bederf.

Daar is baie pittighede deur die leerders kwytgeraak.

“Ek dink nie Mamma gaan op my stoel pas nie,” het een van die kleintjies gesê.

’n Blondekoppie het gevra: “Dink Juffie Mamma gaan verstaan wat om te doen?”

Een van die seuntjies het gereken: “Dit was so lekker om vir Mamma te wys wat om te doen. Sy weet nie eers waar ek my gom bêre nie.”

Hierdie is maar net een van die spesiale geleenthede by Maragon Olympus waar die ouers en die leerders die geleentheid het om tyd saam te spandeer.

Die skool ag familie baie belangrik en moedig “saamweesgeleenthede” aan.

Die kinders plant blomme vir hul ma’s. Foto: Verskaf
Die kinders plant blomme vir hul ma’s. Foto: Verskaf

Juffrou Aneke se klas. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button