GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Laerskool Menlopark sien vanjaar behoorlik dubbel

Skool in die ooste spog met twee pare drielinge en 17 pare tweelinge.

Laerskool Menlopark sien vanjaar behoorlik dubbel met die aantal tweelinge en drielinge wat nou by dié skool skoolgaan.

Die laerskool spog met nou 17 tweelinge en twee drielinge onder hul leerders.

In ’n besonderse geval is daar een nie-identiese tweelingpaar sussies in graad 6 met identiese tweelingsussies wat graad 1 toe is vanjaar.

“Nie net is dit ’n eerste vir Laerskool Menlopark nie, maar die sussies is al vier ook goeie atlete,” vertel Francois van Biljon, bemarker by die skool.

Laerskool Menlopark se akademiese jaar het vanjaar op ’n hoë noot afgeskop toe die skool het sy hekke vir talle nuwe leerders en opgewonde nuwe graad 1s oopgemaak het.

Van die agterste ry: Jemma en Chelsy Marx, Alicia en Ronald Khunou, Zané en Mika Loots, Mauritz en Fredrich Coetzer, Christian en Leon Gous, Reghard en Nina Louw, Milané en Eckhardt Botha.
Middel ry: Zané en Kristen Smit, Ruben en Joshua Dafel, Marinus, Herman en Sophia Vorster, Mia en Dené Erasmus, Wilna en Selmé Beetge.
Voorste ry: Rudolf, Izé en Carl-James van Rooyen, Izak en Greyling van der Linde, Ané en Adriaan Truscott, Abigail en Brendon Kraamwinkel, Kemp en Noa van Aardt, Kai en Noa de

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button