’n Leerling van Afrikaanse Hoër Meisieskool het die Universtiteit van Pretoria se nuwe visi-rektor Prof Tawane Tupe onlangs by die skool verwelkom.
Lindy Grobbelaar het Prof Tupe, voorheen van die Universiteit van die Witwatersrand, namens die skool welkom geheet.
Die leerders is by die skool die geleentheid gebied om vir Prof Tupe vrae te vra.
Op ’n vraag het Prof Tupe geantwoord dat sy eerste dag op kantoor vir hom ’n besige, maar goeie dag was.
Prof Tupe het voorts gesê dat sy visie vir Tukkies is om dié universiteit een van die voorste navorsingsuniversiteite in die wêreld te maak.
’n Internasionale navorsingsentrum word vroeg in Februarie daar gevestig as ’n eerste stap in hierdie rigting.
LEES OOK: SKOOL: Tygerpoort naaswenners by Affies Fast 5 toernooi
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.