GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Afrikaanse Hoër Meisieskool verwelkom nuwe rektor

Groot planne lê voor vir die Universiteit van Pretoria.

’n Leerling van Afrikaanse Hoër Meisieskool het die Universtiteit van Pretoria se nuwe visi-rektor Prof Tawane Tupe onlangs by die skool verwelkom.

Lindy Grobbelaar het Prof Tupe, voorheen van die Universiteit van die Witwatersrand, namens die skool welkom geheet.

Die leerders is by die skool die geleentheid gebied om vir Prof Tupe vrae te vra.

Op ’n vraag het Prof Tupe geantwoord dat sy eerste dag op kantoor vir hom ’n besige, maar goeie dag was.

Prof Tupe het voorts gesê dat sy visie vir Tukkies is om dié universiteit een van die voorste navorsingsuniversiteite in die wêreld te maak.

’n Internasionale navorsingsentrum word vroeg in Februarie daar gevestig as ’n eerste stap in hierdie rigting.

LEES OOK: SKOOL: Tygerpoort naaswenners by Affies Fast 5 toernooi

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button