GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Nuwe gesigte by Laerskool Menlopark in 2019

Hierdie vier onderwysers het hoë drome en aspirasies vir hul klaskamers die jaar.

Laerskool Menlopark is vier onderwysers ryker in 2019.

Louis van der Merwe sal die nuwe IT (inligtingstegnologie) onderwyser wees.

“My droom die jaar as eerstejaar-onderwyser by Menlo is baie eenvoudig en spesifiek,” verduidelik Van der Merwe.

“Ek wil vir soveel as moontlik leerders ’n indirekte voorbeeld stel; ’n rolmodel wees, iemand na wie die leerders van Menlopark kan opkyk. ’n Mentor.”

Hy sien uit om aan kinders se karakters te bou deur middel van sport.

Lizanne Louw sal graad 4 wiskunde aanbied.

Haar droom vir 2019 is om ’n daadwerklike impak te maak en sien hoe leerders hul volle potensiaal bereik.

“Ek sien baie daarna uit om deel te word van die Parkies se gevestigde tradisies. Ek wil graag ’n verskil maak en daardeur ’n optimale leeromgewing skep,” sê Louw.

Sanlie van der Walt is die nuwe musiek- en lewensoriënteringonderwyseres.

Sy wil graag in 2019 daarop fokus om ’n standvastige fondasie vir haar leerlders te skep.

“Maria Montessori het ’n gesegde: ‘Free the child’s potential, and you will transform him into the world,’” sê Van der Walt.

“Dit is ook my leuse in my klas en ek glo dat LO en musiek die fondasie is vir al die ander leerareas is.

“Ek wil eintlik net hê dat die kinders LO en musiek moet geniet sodat dit deel word van hul groei en van hul menswees,” sê sy.

“As jy iets geniet, dan leer jy sonder dat jy dit weet en dis volgens my die beste manier van leer.”

Sy verduidelik dat Laerskool Menlopark bied aan elke kind en onderwyser die geleenthede om te kan groei as mens.

“Ek hoop dat my bydrae ook vir ander tot voordeel sal wees.”

Marni Duvenhage is ’n nuwe graad 3-onderwyseres.

Sy is passievol oor haar graad-drietjies en sien uit om kwaliteitonderrig aan hul oor te dra.

“Ek wil graag volgende jaar terugkyk en sien dat 2019 suksesvol was, omdat ek weet dat God aan die stuur van my jaar was,” verduidelik Duvenage.

“Ek is kinderlik opgewonde oor elke aktiwiteit by Laerskool Menlopark en sien uit om saam met my kinders te werk, asook om verhoudings te bou met my kollegas.”

LEES OOK: Top Menlopark 2018 matriculants

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button