SKOOL: Jordan Meyer is Rosie gewigstootkampioen

Meyer behaal ’n eerste plek vir gewigstoot seuns (o.11) met ’n puik afstand van 17.60m.

Jordan Meyer (11) van Laerskool Stephanus Roos in albei 2018 se Skole SA-kampioenskappe as SA-kampioen weggestap.

Op 24 November 2018 het hy aan die Sub Jeug Interprovinsiale Kampioenskappe te McArthur Stadion in Potchefstroom deelgeneem.

Meyer behaal ’n eerste plek vir gewigstoot seuns (o.11) met ’n puik afstand van 17.60m.

By die Skole SA-kampioenskappe in Maart vanjaar het hy dieselfde vermag.

Hy is ook een van slegs twee o.11-seuns, in die geskiedenis van Suid-Afrika, wat aangeteken is om oor 17m te stoot, met die 2kg ysterbal.

Jordan Meyer

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version