SKOOL: Laerskool Voorpos 3e in Astro Quiz Nasionaal

Dit word jaarliks landswyd aangebied deur SAASTA.

Die landswye finale van die Astro Quiz het op 1 en 2 Oktober in Pretoria plaasgevind.

Laerskool Voorpos se kampioenspan bestaande uit Wikus Boshoff, Divan Koekemoer, Noelani Smit en Merwe Scholtz, het na ’n taai marathonstryd derde landswyd geëindig.

Die Astro Quiz is ’n vasvrakompetisie spesiaal vir graad 7-leerders en handel oor die ruimte.

Dit word jaarliks landswyd aangebied deur SAASTA.

Skole in al nege provinsies neem deel. Hierdie jaar het leerders van al nege provinsies by Saint George hotel oorgeslaap en is met uitstappies na interessante plekke bederf.

Daar is vyf rondes. In ronde 1 neem alle belangstellende skole deel.

Ongeveer die helfte van alle deelnemers word aan die einde van ronde 1 uitgeskakel. Aan die einde van ronde 2 gaan net die top 3 in elke distrik deur na ronde 3.

Slegs die top 7 skole gaan deur na ronde 4, die provinsiale finale.

Laerskool Voorpos se spannetjie het skoonskip gemaak en is as Gauteng se kampioenspan gekroon.

Ons is supertrots op hulle. Baie geluk!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version