SKOOL: Savannah Visser skuur skouers met Caster Semenya

Sy is vroeër die jaar gekies as AVS Hokkiespeler wat die o.14-span verteenwoordig het in Naboomspruit.

Savannah Visser (12) van Laerskool Wonderboom is aangewys as Atletiek Gauteng Noord (AGN) se Beste Dames Veldatleet van die jaar.

Sy was die jongste atleet wat ’n toekenning ontvang het by die AGN-toekenningsfunksie Vrydagaand.

Savannah neem aan heelwat sportsoorte deel onder andere atletiek, swem en hokkie en verteenwoordig haar skool en provinsie die jaar in die Paarl by die Skole SA-kampioenskappe.

Sy breek ook hierdie jaar die SA-rekord met werpskyf.

Sy blink ook uit in gewigstoot en spiesgooi en verwerf twee silwermedaljes.

Vroeër vanjaar het sy haar skool verteenwoordig by die Top 20-Skolebyeenkoms in Krugersdorp asook by die Check-e Log Top 10-byeenkoms by Laerskool Garsfontein vir atletiek.

By hierdie byeenkomste verwerf sy vyf eerste plekke in totaal.

Sy neem ook deel aan die AGN Atletiekligas en neem binnekort aan die SA-kampioenskappe in Potchefstroom deel.

Sy is vroeër die jaar gekies as AVS Hokkiespeler wat die o.14-span verteenwoordig het in Naboomspruit.

Savannah is as haar skool se Senior Victrix Ludorum Atletiekdogter en Senior Victrix Ludorum Swemdogter aangewys.

Die toekenning wat sy Vrydagaand ontvang het, was ’n groot eer en sover die hoogtepunt van Savannah se atletiekloopbaan.

Sy is verseker haar skool se trots en ons verwag om nog baie van haar te hoor.

Savannah Visser
Savannah Visser en Caster Semenya

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version