SKOOL: Laerskool Magalieskruin-leerling wen Bds Unlimited Road Race

Hy speel ook sewesrugby vir sy klub en skool.

Laerskool Magalieskruin-leerling Gordon Schoombee (11) het die 5km Bds Unlimited Road Race by Wonderpark winkelsentrum in ’n tyd van 20:00, op 3 November gewen.

Hy speel ook sewesrugby vir sy klub en skool.

Sy skool se o.11-span het as die wenners koning gekraai op Vrydag, 2 November.

Hy het vanaf 14:00 tot 22:00 rugby gespeel en die volgende dag 04:30 die oggend opgestaan om te gaan hardloop.

Hy is ’n baie aktiewe seun en baie lief vir padwedrenne en trail runs.

So nou en dan sal hy ’n park run hardloop. Hy is ook nou besig met atletiek waar hy 1 200m hardloop en het eerste gekom op 27 Oktober in die 1 200m met ’n tyd van 3:52.

Gordon Schoombee
Gordon Schoombee

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version