SKOOL: Montie presteer tydens landloop proewe

Haar tweede plek tydens hierdie nasionale proewe het deure geopen vir die volgende geleenthede:

Nadat hierdie jong dame in Desember kennis ontvang het dat sy genooi is vir die SA proewe in landloop, sou haar loopbaan nooit weer dieselfde wees nie. Haar tweede plek tydens hierdie nasionale proewe het deure geopen vir die volgende geleenthede:

– Sy neem deel aan die Suidelike Afrika landloopkampioenskap en word as kampioen gekroon. By die Afrika- landloopkampioenskappe behaal sy ’n 19e plek tussen die wêreld se beste landlopers uit Kenia, Ethiopië en die res van Afrika.

– Sy word vroeg in die jaar reeds vir die eerste keer gekroon as SA kampioen tydens die nasionale skole-kampioenskap – in die 1500m sowel as die 3000m. Sy sal vier keer in 2018 in verskeie items as SA-kampioen gekroon word.

– Haar SA-kampioenkroon tydens die ASA Kampioenskappe was in ’n kwalifiserende tyd vir 3000m en daarom word sy gekies vir SA span vir deelname aan die Afrika Kampioenskappe wat in Algerië plaasvind. Hier behaal sy ’n uitstekende sesde plek.

– In die Pretoria-landloopseisoen word sy aangewys as Pretoria se Beste 0/16-landloopdogter en bevestig dit deur die goue medalje by die AGN Kampioenskappe te verower. As lid van die AGN-span word sy ook gekroon as SA-kampioen tydens die kampioenskap in Port Elizabeth.

– Om die kersie op die koek te, sit neem Carmie ook deel in die kleure van Suid-Afrika by die Jeug Olimpiese Spele onlangs in Argentinië. Sy het in die 3000m vir dogters 0/17 ’n vierde plek behaal tussen al die beste 3000m atlete van die wêreld. Sy het ook ’n 13e plek in die landloop-afdeling by die Jeug Olimpiese Spele behaal tussen sowat 60 wêreld-atlete. Dit plaas haar algeheel vierde in haar kategorie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version