Laerskool Hermanstad se atlete het puik presteer gedurende die Cluster-atletiekbyeenkoms en is in die Distrikspan opgeneem.
Die skool spog ook met twee Blou Bulle.
Dit is die eerste jaar wat hulle ’n Spreekkoor het. Dié koor het uitsonderlik presteer met ’n diploma by die Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika.
Jo Cristal behaal ’n A++ Diploma by die kunswedstryd
By die Centurion Kunstefees is die koor die kategoriewenner (A++)
By die Afrikaanse Kunsvereniging Pretoria behaal die koor ’n Diploma (A++ en Medalje) en Trofee as beste Spreekkoor en by die Noorderkruin Kunstefees kry ’n A++ Diploma en Medalje.
Op akademiese vlak eindig Charl Janse van Rensburg by die Wiskunde Olimpiade Graad 6 – Provinsiaal Top 5.
Hy is die provinsiale toppresteerder in Sosiale Wetenskappe Olimpiade Graad 6.
Alicia Broodryk en Shanique Olivier is die distrikkampioene in Natuurwetenskap Ekspo Graad 4.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.