GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Eduplex-leerder Senior Redenaar van die Jaar

Sy behaal op nasionale vlak derde plek vir haar poësie asook vierde plek vir haar prosa.

Nicole Basson, ’n graad 10-leerder van Hoërskool Eduplex het vanjaar in verskeie nasionale redenaarskompetisies deelgeneem.

Sy het onlangs aan die Radikale Redenaars deelgeneem en het ’n tweede plek vir haar tweetalige toespraak verower.

Sy het ook ’n derde plek in Gauteng vir haar Engelse toespraak verwerf.

Sy behaal op nasionale vlak derde plek vir haar poësie asook vierde plek vir haar prosa.

Basson is vir die derde jaar in ’n ry as haar skool se Kultuurmeisie van die Jaar aangewys en verwerf ook die Senior Redenaar van die Jaar trofee.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button