SKOOL: Maragon Olympus het ‘n hart vir mense

Sonder dat ons skool van hulle plan bewus was, het ons net oor die honderd kersgeskenkpakkies ingesamel.

Die graad 4-leerders van Maragon Olympus het onlangs ’n pragtige, maar behoeftige laerskool in Pretoria-Wes besoek.

Laerskool Generaal Nicolaas Smit bedien daagliks 380 behoeftige gesinne en verskaf elke pouse ’n kospakkie aan elk van hierdie leerders.

Die personeel het ook goedgedink om hierdie jaar om en by 100 kersgeskenkies vir die kinders in dié gemeenskap bymekaar te maak.

Aangesien dit jaarliks ons graad 4’s se passieprojek is, het ons hierdie jaar nog ’n ekstra behoefte aangespreek en geskenke deur ons skool se ouers ingesamel.

Sonder dat ons skool van hulle plan bewus was, het ons net oor die honderd kersgeskenkpakkies ingesamel.

Die hoof van Generaal Nicolaas Smit, Chris Sealie was verstom oor die wonderwerk aangesien hy die vorige dag bekommerd was oor waar die beplande geskenkies vandaan sou kom. Verder het die leerders almal lekker saam gespeel en ietsie geëet.

“Die Here het voorsien”, was ’n onderwysers se woorde. Maragon Olympus besoek Generaal Nicolaas Smit al vir 15 agtereenvolgende jare en die behoefte aan kos bly ’n groot uitdaging.

Vir die Maragon-leerders is dit van groot waarde om te sien dat daar ander leerders net soos hulle is, wat regtig swaarkry en dat hulle dankbaar moet wees vir elke goeie gawe en vir die daaglikse kos en geleenthede en die oorvloed wat hulle geniet.

Maragon arriveer by Nicholaas Smit.
Maragon en Nicolaas Smit leerders speel saam.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version