SKOOL: Laerskool Voorpos eindig 3e in Nasionale Astro Quiz

Leerders van al nege provinsies het by Saint George Hotel geslaap en is met uitstappies na interessante plekke bederf.

Die Astro Quiz is ’n vasvrakompetisie spesiaal vir graad 7-leerders en handel oor die ruimte.

Dit word jaarliks landswyd aangebied deur SAASTA.

Skole in al nege provinsies neem deel.

Daar is vyf rondes.

In ronde 1 neem alle belangstellende skole deel. Ongeveer die helfte van alle deelnemers word aan die einde van ronde 1 uitgeskakel.

Aan die einde van ronde 2 gaan net die topdrie in elke distrik deur na ronde 3.

Slegs die top sewe skole gaan deur na ronde 4, die provinsiale finale.

Laerskool Voorpos se spannetjie, bestaande uit Wikus Boshoff, Divan Koekemoer, Noelani Smit en Merwe Scholtz, het skoonskip gemaak

en is as Gauteng se kampioenspan gekroon.

Die landswye finale ronde het op 1 en 2 Oktober in Pretoria plaasgevind.

Leerders van al nege provinsies het by Saint George Hotel geslaap en is met uitstappies na interessante plekke bederf.

Laerskool Voorpos se kampioenspan het na ’n taai marathonstryd derde landswyd geëindig.

Ons is supertrots op hulle. Baie geluk!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version