GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Woerie-sagtebal het weer topprestasies opgelewer

Tydens die Tshwane-kampioenskappe se finaal het baie van ons dogters ook individuele prestasies ontvang.

In die afgelope naweek se Tshwane finale het die Woeries se sagtebalspanne weereens baie goeie resultate gelewer.

Die o.15A’s het vierde geëindig en in ’n naelbytwedstryd met slegs een punt teen Overkruin verloor 6-7.

Die eerste span stap weg met die bronsmedalje nadat hul in die semifinaal teen Overkruin verloor met net een punt en in die finaal vir Wonderboom 20-0 wen.

Die o.14A’s en o.16A’s is beide as die Tshwane-wenners in Gauteng gekroon.

Die o.14’s het vir Oos-Moot in die finaal met 6-0 geklop en die o.16A’s het vir Homespun 5-1 gewen.

Ons is voorwaar geseënd met dié prestasies.

Die o.16B- en o.19B-spanne was ook hierdie jaar ligawenners, en tydens die seisoen het ons tweede span nie een wedstryd verloor nie!

Die o.14B-span eindig derde in die liga en die o.15B-span tweede.

Tydens die Tshwane-kampioenskappe se finaal het baie van ons dogters ook individuele prestasies ontvang: Chantel Roux as Beste gooier in B-span (o.19), Danielle Pienewald as Beste gooier in B-span (o.16), Elanie Botha as Beste vanger in B-span (o.19), Zwane le Roux as Beste vanger in B-span (o.16), Elzanne Burger as Beste gooier in A-span (o.19), en Nadia de Lange as Beste gooier in A-span (o.16).

Hoëskool Centurion het ook van al die skole in die dogtersliga die meeste individuele prestasies ontvang.

Baie dankie aan mnr GB Jordaan wat die hele seisoen vir ons die mooiste foto’s geneem het.

Ons is ongelooflik trots op al ons sagtebaldogters!

o.15A-span sagtebal.
o.16A-sagtebalspan.
Eerste span sagtebal.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button