SKOOL: HS Centurion naaswenners in Krieket T20-kompetsie

Die 164 lopies wat hulle onder moeilike omstandighede aangeteken het, was van die begin af dalk 16 te min, maar die span het moedig tot aan die einde geveg om die telling te verdedig.

Hoërskool Centurion, in samewerking met Die Hoërskool Menlopark en HS Waterkloof, het onlangs die eerste Noord-Suid T20-kompetisie in Suid-Afrika aangebied.

Centurion se eie sporthoof, mnr. Johan Cloete, is die voorsitter van die nuutgebore T20-kompetisie.

Sestien van die sterkste krieketskole in die land het aan die kompetisie deelgeneem, wat oor 20 beurte beslis is.

Alle skole het ses wedstryde oor die naweek gespeel en het tuisgegaan by die uiters gewilde Camp Discovery.

Centurion het nie net hulle groepwedstryde onoorwonne afgesluit nie, maar op die koop toe drie bonuspunte opgetel en dus algeheel bo geëindig.

Die Woerie-groepwedstryde was teen Northwood (Durban), Potch Volkskool en SACS (Wes-Kaap).

Tydens die kwateindstryd het Centurion met Wynberg Boys High (Wes-Kaap) afgereken en na die semifinaal teen Grey College (Bloemfontein) deurgedring.

In ’n spannende wedstryd moes hulle 194 lopies aanteken ten einde vir die finaal te kwalifiseer.

Alhoewel hulle nooit teen die verwagte lopie-tempo gekolf het nie, was hulle al die pad binne bereik en het slegs een groot beurt benodig om hulself ’n kans te gee.

Dié kans het in die 16e boulbeurt gekom, waartydens die bal die grens ’n paar keer oorgesteek het en Centurion binne bereik van die eerste finaal van die kompetisie te bring.

Met nege balle steeds oor, het hulle die wenlopies aangeteken met agt paaltjies in hand en in die proses deurgedring tot die finaal.

Die muntstuk het ongelukkig vroegoggend verkeerd geval en hulle is versoek om eerste te kolf tydens die finaal teen Menlopark.

Die 164 lopies wat hulle onder moeilike omstandighede aangeteken het, was van die begin af dalk 16 te min, maar die span het moedig tot aan die einde geveg om die telling te verdedig.

Ongelukkig het Menlopark die wenlopies van die eerste bal van die laaste boulbeurt behaal en moes Centurion tevrede wees om as naaswenners aangewys te word.

Dit was ’n wonderlike ervaring vir al die seuns om deel te wees van so ’n enorme reeks, wat bestaan het uit agt binnelandse skole van regoor Suid-Afrika, asook agt kusskole, vanaf Durban tot die Wes-Kaap.

Die ondervinding wat die spelers opgedoen het ten einde teen spanne van regoor Suid-Afrika te speel, kan nooit van hul af weggeneem word nie.

Hierdie toernooi het nou eers afgeskop, maar word reeds wyd en syd as die hoogtepunt van die kalender deur meeste skole beskou.

Welgedaan, Woeries! Julle het ons naam hoog gehou in hierdie uitgelese geselskap.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version