GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Dansers stap weg met titel

Hierdie unieke reëndans het hulle plek in die finaal verseker.

Hoërskool Zwartkop se dansakademie, onder leiding van me. Nadia van Niekerk, het aan die kykNET Dans in jou Taal kompetisie deelgeneem met ’n besondere dans op ’n gedig van Eugene N. Marais, Die dans van die reën en die baie bekende Laurika Rauch treffer Stuur groete aan Mannetjies Roux.

Hierdie unieke reëndans het hulle plek in die finaal verseker.

Tydens die finaal in September het hulle uiteindelik met niks minder nie as drie toekennings weggestap.

Hulle word aangewys as algehele wenners van die Kontemporêre-afdeling in die Gauteng-streek; algehele wenners van die 16-18 jaar Kontemporêre-afdeling en wenners van die Kykerskeuse SMS-kompetisie op die aand met ’n musiekvideo ter waarde van R25 000 as prys.

Welgedaan aan hierdie groep dansers. Hulle sal eersdaags op kykNET kanaal 146 te sien wees.

Die Zwarrie-dansers in aksie op die Dans in jou Taal verhoog.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button