SKOOL: Garsies fietsry

Om goed te presteer in die Spur MTB Skole Reeks moet elke ryer konstant goed presteer in elk van die vier wedrenne.

Die fietsryspan van Garsfontein Hoërskool word vir die tweede agtereenvolgende jaar gekroon as die Algehele Wenners van die Spur MTB Skole Reeks.

By HS Garsfontein is fietsry ’n kleinsportsoort wat ses jaar gelede met vyf entoesiastiese fietsryers begin het.

In 2014 is fietsry geregistreer as ’n amptelike sport by die skool en in dieselfde jaar word Garsies vir die eerste keer genooi na die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe te Hoërskool Bekker waar Garsfontein 34e geëindig het.

Tydens die 2016-seisoen het Garsfontein verder verbeter om algeheel 17e te eindig.

Die meisiespan is 15e geplaas en die seunsspan negende.

Om goed te presteer in die Spur MTB Skole Reeks moet elke ryer konstant goed presteer in elk van die vier wedrenne.

Die topskole word bepaal na die vier provinsiale wedrenne en hierdie skole word dan na die nasionale kampioenskappe genooi.

Garsfontein eindig algeheel tweede in Gauteng vir die 2017- en 2018-seisoen.

Daar word 12 fietsryers aangewys om die skool te verteenwoordig by die nasionale kampioenskappe.

Hierdie span moes voorberei om teen die beste bergfietsspanne in Suid-Afrika deel te neem.

Die formaat is ’n “cross-country” baan van 4-6 kilometer met verskeie tegniese hindernisse.

Beide seuns en meisies ding mee in verskillende ouderdomsgroepe deur die loop van die dag.

Tydens die gala-aand is Hoërskool Garsfontein bekroon as 2018 se nasionale kampioene.

Met harde werk, kameraderie, entoesiasme, geloof en positiewe Garsie-gees is alles moontlik.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version