Hoërskool Garsfontein is vir die vyfde jaar in ’n ry aangewys as die beste perdry skool op ’n nasionale basis uit 945 skole.
Altesaam 3504 ruiters het met 4 119 perde in 50 571 klasse deelgeneem gedurende die jaar.
Die nasionale kampioenskappe het vanaf 28 September tot 6 Oktober plaasgevind met meer as 5 000 klasse gedurende die week.
Garsfontein-ruiters het verskeie klasse gewen en is dus in verskeie klasse as SA-kampioene gekroon.
Mia Joubert is die Victrix Laudorum-wenner in die kategorie graad 10-12 sowel as die beste matrikulant in Suid-Afrika aangewys.
Sowaar ’n puik prestasie!
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.