GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Garsie jukskei

Daar was vier sportsoorte wat in hierdie kompetisie teen mekaar deelgeneem het, naamlik Jukskei, Kgadi, Khokho en Marabaraba.

Die SA Top Schools-toernooi het hierdie jaar vanaf 23-28 September 2018, tesame met die Indigenous Games, in Polokwane plaasgevind.

Daar was vier sportsoorte wat in hierdie kompetisie teen mekaar deelgeneem het, naamlik Jukskei, Kgadi, Khokho en Marabaraba.

Die Garsie o.19-meisiespan van Gauteng Noord het teen Wes-Rand, Sentraal Gauteng en Oos-Gauteng uitgespeel en die wenner het uiteindelik Gauteng verteenwoordig.

Daar was nege o.19-meisiespanne wat hulle onderskeie provinsies verteenwoordig het en jukskei teenmekaar gespeel het.

Die Hoërskool Garsfontein se meisiespan, bestaande uit Anje van der Merwe (kaptein), Carlie Jordaan, Shae-Sinise Fraser, Chanté Pretorius en Hemarie du Toit, het hierdie landswye toernooi gewen en ’n goue medalje vir die Gautengprovinsie verower.

Me. Susan Booyens was die afrigter en me. Heidi Cellarius die spanbestuurder van hierdie span.

Voorwaar ’n uitstekende prestasie!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button