SKOOL: Monties Perdebytjies wen weer

Mann het die Gauteng C-span gehaal vir “Stadium eventing” en Prix Caprilli”.

Hoërskool Montana se ruitersportspan, die Montie Perdebytjies, het weereens uitstekend gevaar hierdie jaar.

Hulle is vir die 10e agtereenvolgende jaar by die SANESA (South African National Equestrian School Assosciation) Gauteng-Noord prysuitdeling aangewys as D3-Distrikwenners.

Die span bestaan tans uit 11 ruiters waarvan agt hierdie jaar aktief aan verskeie SANESA-skoue kon deelneem.

Hulle was almal gekies vir die Gauteng-Noordspan om Gauteng in hul verskeie dissiplines te verteenwoordig.

Na afloop van die provinsiale kampioenskappe, is al agt ruiters verder gekies vir die Gauteng-span wat aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem.

Die kernliga se nasionale kampioenskappe sal gedurende Oktober by Kyalami Equestian Park plaasvind.

Die ruiters wat gaan deelneem is: Stephney Wiblin (working riding, C-span); Carla van der Merwe (Novice dressage, B-span); Megan Mann (Handy hunter, A-span); Leandri Maree (Showjumping 90cm, C-span); Jaco van der Merwe (showjumping 110cm x 2, beide B-span) Odette Jacobs (In-hand utility, C-span) en Kayla Kritzinger (Handy hunter, A-span).

Mann het die Gauteng C-span gehaal vir “Stadium eventing” en Prix Caprilli”.

Die kaptein van die span, Odette Jacobs (gr.11), het besonders goed presteer hierdie jaar. Behalwe vir die kernliga is sy ook gekies vir vier ander Gauteng-spanne naamlik beide die A- en die C-span vir “Stadium eventing asook die B- en C-spanne vir normale “Eventing”.

Sy en haar perd WapBam Boogie is ook deur SANESA aangewys as die 9e beste hoërskool ruiter/perdkombinasie in Gauteng-Noord.

’n Ander jong Montie-ruiter om dop te hou is die nuweling van die span, Amelia Kruger (gr.8).

Kruger het deelgeneem aan Mounted Archery en het in verskeie klasse die eerste plek behaal.

Sy gaan Gauteng verteenwoordig by die Nasionale Kampioenskappe wat 15 September by Shatranj plaasvind.

Amelia het ook buite skoolverband aan MAASA (Mounted Archery Association South Africa) deelgeneem op 11 Augustus waar sy ’n 5e plek behaal het in Qabac, 3e in Korea en ’n 1ste plek in Hungarye.

Sy behaal ook ’n algehele eerste plek vir haar prestasie op haar vlak.

Hierdie jong ruiters hou beslis die perdebytjie naam hoog en ons sien uit daarna om hulle prestasies in die toekoms dop te hou.

Megan Mann, Amelia Kruger, Odette Jacobs (kaptein), Leandri Maree en Stephney Wiblin

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version