SKOOL: Hoërskool Centurion leerling semi-finaliste in Miss High Schools SA

Die kompetisie streef daarna om jong dames te identifiseer wat ook as ambassadeurs sal dien in hul gemeenskap en die organisasie kan verteenwoordig in hul verskeie projekte.

Elani Pienaar, ’n leerder van Hoërskool Centurion is gekies as een van die 24 semi-finaliste vir die Miss High School SA-kompetisie.

Pienaar is ’n talentvolle en passievolle jong dame met vele prestasies.

Sy is gekies uit honderde aansoeke vir die kompetisie wat beoog om ’n positiewe boodskap van bemagtiging van jong meisies en sê dat sy werklik geëerd is om die geleentheid te mag hê om deel te neem en ’n verskil te kan maak in ander jong meisies se lewens.

Sy is ’n ware uitblinker en is ook aangewys as Mej. Hoerskool Centurion van 2018 by ’n glansryke geleentheid tydens die jaarlikse Cleopatra-aand by Hoërskool Centurion.

Pienaar is nie net ’n mooi gesiggie nie – sy presteer ook op akademiese vlak, speel tennis en hokkie én is gekies as ’n matriekleier vir 2019.

Haar passie is dans en modelwerk en sy het onlangs deelgeneem aan die IFFA se Nasionale Kampioenskap, waar sy onder meer SA-kleure verwerf het in die volgende: ballet, jazz, moderne en kontemporêre dans asook show modelling.

Sy is ook aangewys as beste senior danser.

Elani leef haar leuse uit: A negative mind will never bring a positive life.

Sy is altyd positief en motiveer haar maats.

Sy hoop dat die geleentheid wat die kompetisie haar sal bied , vir haar ’n platform sal skep om ander te help.

Sy wil graag medies gaan studeer na haar matriekjaar.

Die doel van die Miss High School SA-kompetisie is om selfversekerde jong dames met leierseienskappe te bou wat as rolmodelle kan optree in hul gemeenskap en in ander skole en om jong kinders regoor die land te bemagtig.

Die kompetisie streef daarna om jong dames te identifiseer wat ook as ambassadeurs sal dien in hul gemeenskap en die organisasie kan verteenwoordig in hul verskeie projekte.

Elke semi-finalis word verwag om R2 000 in te samel vir die The Girl Power Foundation (www.girlpowerfoundation.co.za) deur óf borge te kry óf deur fondsinsameling-inisiatiewe.

Stem vir Elani en stuur ’n SMS-boodskap: GEES MHSSA ELANI na 37587 asook op die Instagram-blad en Facebook-blad van Miss High School SA haar foto te “like”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version