SKOOL: Noord-Gauteng Stoei skoleliga 2018

Die jaarlikse Noord-Gauteng Stoei Skoleliga het op Saterdag, 8 September 2018, by die Noord-Gauteng stoeisaal in Menlopark plaasgevind. Tydens hierdie geleentheid het 13 spanne uit 11 skole deelgeneem. Laerskool Wierdapark was die enigste skool wat twee spanne in die A-liga ingeskryf het. Dié laerskool se stoeitalent lyk baie belowend vir die toekoms. Die A-span het …

Die jaarlikse Noord-Gauteng Stoei Skoleliga het op Saterdag, 8 September 2018, by die Noord-Gauteng stoeisaal in Menlopark plaasgevind.

Tydens hierdie geleentheid het 13 spanne uit 11 skole deelgeneem.

Laerskool Wierdapark was die enigste skool wat twee spanne in die A-liga ingeskryf het.

Dié laerskool se stoeitalent lyk baie belowend vir die toekoms.

Die A-span het in die finaal teen Laerskool Monumentpark te staan gekom, 10 uit 12 gevegte gewen en gevolglik die kompetisie gewen met ’n eindtelling van 43-25.

Die B-span het teen Laerskool Constantiapark se A-span meegeding vir die bronsmedalje en naelskraap met 34-32 verloor en sodoende ’n vierde plek behaal.

Laerskool Wierdapark het vir die vierde agtereenvolgende jaar die trofee ontvang vir die Noord-Gauteng stoeiskool van die jaar.

Jano Vedder
Edward Bezuidenhout.
B-span
Agter v.l.n.r: Mnr Gerdouw Kruger (Organiseerder), Ryno Killian, Aldo Janse van Rensburg, Victor Koopmans en Mnr. Jan-Boland Deysel (Spanbestuurder);
Voor v.l.n.r: Ewan Fivaz, Hanré Claasen, JZ Erasmus, Xander Koopmans, Thomas Labuschagne en Liam Kotze.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version