GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Skool spog met negentien atlete wat aan SA landloop deelneem

Veertien atlete verteemwoordig Gauteng-Noord terwyl vyf atlete Noord-Wes sal verteenwoordig.

Negentien atlete (ouderdomsgroepe van o.8-o.13) van Laerskool Menlopark, neem aan die SA Laerskole Landloopkampioenskappe deel, wat hierdie jaar in Port Elizabeth plaasvind.

Veertien atlete verteemwoordig Gauteng-Noord terwyl vyf atlete Noord-Wes sal verteenwoordig.

Die Noord-Wes atlete het ingeskryf by Laerskool Menlopark nadat die spanne bekend gemaak is by hulle vorige skool in Rustenburg.

Die vyf atlete is almal uit een gesin. Ook is daar twee atlete uit die Loots-gesin wat Gauteng-Noord verteenwoordig.

Ons weet dat almal Parkies se naam hoog gaan hou want voorbereiding was intens met baie bloed, sweet en trane!

Die afrigter me. Adia Middel se harde werk is oorgehaal om die seuns en dogters aan te moedig, te motiveer en te bly inspireer. Laerskool Menlopark is sommer tekkie trots!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button