GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: In die kol vir Zwarrie-skuts!

Na afloop van die Gauteng-kampioenskappe, is daar drie Zwarrie-skuts wat in die Gauteng A-span opgeneem is.

Hoërskool Zwartkop se booskietspan het vanjaar vir besonderse prestasies gesorg.

Tydens die NASP Interskole kompetisie, gehou op 21 en 28 Julie, het Zwarries die spangoud verower en as wenners van albei hierdie kompetisies geseëvier.

Dries Cornelius is as tweede beste senior seunskut aangewys met ’n telling van 288/300 punte en palm ook die titel as algehele tweede beste skut van die kompetisie in.

Wat Dries se prestasie so besonders maak is dat daar 153 deelnemers aan hierdie kompetisie deelgeneem het.

Die hoogtepunt van die seisoen was egter die Gauteng Provinsiale Boogskietkampioenskappe wat op 4 Augustus plaasgevind het waarvan 41 Zwarrie-skuts deelgeneem het en ten spyte van die weersomstandighede, puik prestasies gelewer.

Nicola Wakeford het ’n telling van 284/300 gekry en dit het haar die titel van tweede beste senior dogterskut van die dag verseker.

Rian van Rensburg het ’n telling van 285/300 raakgeskiet en is as die derde beste seniorseun van die kompetisie aangewys.

Na afloop van die Gauteng-kampioenskappe, is daar drie Zwarrie-skuts wat in die Gauteng A-span opgeneem is.

Dries Cornelius, Rian van Rensburg en Nicola Wakeford gaan op 4 en 5 Oktober in Rustenburg aan die Nasionale Boogskietkampioenskappe deelneem.

Baie geluk en sterkte aan hierdie leerders.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button