SKOOL: Menlo-wetenskaplikes kry oplossings vir moderne probleme!

Menlo se leerders verwerf ses brons-, agt silwer- en vier goudtoekennings, asook drie spesiale toekennings.

Agtien van Hoërskool Menlopark se leerders het aan die Gauteng-Noord Wetenskap-ekspo deelgeneem.

Met hierdie ekspo-take is uitsonderlike hipoteses aangepak, navorsing gedoen en stellings bewys.

Elkeen van die leerders moes buiten al die navorsing ook ’n aanbieding doen vir die beoordelaars om te bepaal watter take dan as die beste van Gauteng-Noord beskou kon word.

Menlo se leerders verwerf ses brons-, agt silwer- en vier goudtoekennings, asook drie spesiale toekennings.

Leanné Rademeyer ontvang ’n goue toekenning met haar projek oor sonkeratose en word aangewys as die wenner in die kategorie mediese- en gesondheidswetenskappe.

Nika Eybers en Nicole Laubscher ontvang ook ’n goue toekenning met hul projek oor die opvang van reënwater en word aangewys as een van die beste vier projekte in die Afrikaanse wetenskaptaal.

Evah Fourie palm ’n goue toekenning in en word aangewys as naaswenner in die innovasie- en tegnologiekategorie. Hanlie Botha en Marnel Janse van Rensburg het ook nie op hulle laat wag nie, en ontvang ’n goue toekenning vir hul mikrobiologieprojek oor die voorkoms van bakterieë in informele kosstalletjies.

Met die toekoms in sulke goeie wetenskaplike hande kan ons waarlik meer gerus wees.

Leanne Rademeyer
Evah Fourie
Hanlie Botha en Marnel Janse van Rensburg

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version