Ses Montie-projekte het deurgedring na die Noord-Gauteng Wetenskap Ekspo, wat die afgelope naweek by LC de Villiers plaasgevind het.
Cailin Champion kry Goud vir haar projek “Sunflower Solar Tracker”. Haar taak het ook ’n toekenning gekry vir die beste in die kategorie en Cailin word gekies om aan die Nasionale Ekspo deel te neem.
Shané Smit kry Goud vir haar projek “Vermindering van stresfaktore op babas”.
Carla Aust kry Silwer vir haar projek “Horse manure a possible energy source”.
Jarred Bouch en Dillan Yssel kry Silwer vir hul projek “Hydrogen future fuel”. Jarrod wen ook ’n selfoon nadat hy ’n S6-selfoon binne 12 minute aanmekaar gesit het.
Zanelle Kruger en Michelle Lawrence kry Brons vir hul projek “Die waarde van ’n kristal”.
Elzette en Aldo Vos kry meriete vir hul projek “Natural energy for long lasting flights”.
Baie geluk aan al die Monties. Ons is trots op julle!
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.