SKOOL: Garsies seunshokkie oorheers alle toernooie
Garsies wen Northerns algeheel.
Garsies se seunshokkiespanne het hul oorheersing van die liga voortgesit en die titel ingepalm as beste seunshokkieskool in die Northerns-area.
Die wenner word uniek bepaal want al drie A-spanne se tellings word gebruik om die wenskool te bepaal.
Die finaal het plaasgevind teen Affies en die tellings was as volg: o.14A wen AHS 1-0, o.16A wen AHS 3-2 met 8s-uitklop, eerstespan (o.19A) speel gelykop 2-2 AHS.
Garsies wen dus Northerns algeheel. Vroeër die maand het Garsies se eerstespan ook die Noordvaal-kompetisie gewen asook die Tuks-reeks.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.