SKOOL: Die lewe is te kort om vervelige karre te bestuur

Laerskool Witpoort wens die span die allerbeste toe!

Die Mach 4 span van Laerskool Witpoort het aan die Distrik F1 Skole Series deelgeneem, aangebied deur Sangari SA in samewerking met die Department van Onderwys.

Die kompetisie was op Saterdag 4 Augustus 2018 by Sci-Bono in Johannesburg gehou.

Die Mach 4 span bestaan uit Benita Schinkel, Christo Bester, Lalique van der Vyver en Zed Lake, almal graad 6-leerders van Mev. Corlia Eksteen

Die span het die algehele eerste plek verower en het ook die toekenning as – Beste Portefeulje, Beste Put stop uitstalling, Beste Verbale aanbieding en wenners van die uitdun-wedrenne ingepalm.

F1 in skole is letterlik “STEM”onderrig in aksie.

Dit sluit nie net die ontwerp van die kar en die resies jaag van die karre in nie, daar is baie ander ingewikkelde handelinge betrokke by die proses, soos die bemarking, werf van borge wat deur leerders self hanteer moet word.

Mnr. Peter du Plessis van Sangari Suid-Afrika het die span gelukgewens met hulle hoë standaard en harde werk.

Die Mach 4 span het baie waarde hieruit geput en sal “Loud and Proud” soos hulle leuse aandui, gaan deelneem aan die Provinsiale Finale wat op 27 Oktober 2018 plaasvind.

Laerskool Witpoort wens die span die allerbeste toe.

Lalique van der Vyver, Zed Lake, Mrs. Corlia Eksteen, Christo Bester, Benita Schinkel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version