Laerskool Menlopark se o.13-dogters met goud gekroon by die Suid-Afrikaanse Netbaltoernooi onlangs wat in Bloemfontein plaasgevind het.
Dié dogters het sedert hul o.10-jaar nie minder nie as 87 van hul 89 wedstryde gewen – iets wat ’n mens nogal laat dink.
Asof goud nie goed genoeg was nie, het die o.12-dogters met die silwermedalje terug skool toe gekom.
Voorwaar ‘n besonderse prestasie as in ag geneem word dat altwee ouderdomsgroepe op die podium verskyn het.
Hierdie prestasie kom selde voor en ouers, afrigters, ondersteuners en Laerskool Menlopark is baie trots op dié dogters!
Dankie aan die afrigters me. Anja van Huyssteen en Isabel Breet en elke speler, vir hulle toewyding, bloedsweet en trane!
Elkeen het ons leuse “hier kry ons vlerke” na hul beste gestreef.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.