SKOOL: Laerskool Anton van Wouw neem deel aan tweetaligheidskompetisie

Baie geluk aan die volgende leerders!

Laerskool Anton van Wouw is die beste skool met die Abe Bailey-tweetaligheidskompetisie.

Vier van Laerskool Anton van Wouw se leerders het aan die jaarlikse Abe Bailey-tweetaligheidskompetisie deelgeneem. Elke leerder berei ’n toespraak voor wat beide Engels en Afrikaans akkommodeer. Uit die beste toesprake word finaliste gekies. In die finale ronde trek die leerders ’n onderwerp en moet binne 10 minute ’n toespraak skryf, waar jy een minuut in Afrikaans praat en een minuut in Engels.

Baie geluk aan die volgende leerders met hul puik prestasie tydens die Abe Bailey-tweetaligheidstoespraakkompetisie:

Leandry Smith – algehele eerste plek, Taryn van den Berg – algehele derde plek, Datis du Preez en Milandri Schutte.

Laerskool Anton van Wouw is aangewys as die algehele beste skool tydens die kompetisie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version