GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Garsies Noordvaal wenners

Die skool het nou sedert 2012 die Noordvaal-trofee in verskeie sportsoorte gewen.

Garsies se eerste seunshokkiespan het vir die eerste keer in die skool se geskiedenis die Noordvaal-trofee verower deur Transvalia in die finaal met 2-0 te klop.

Die span het die gesogte kompetisie gewen deur deurgaans hokkie van hoogstaande standaard te lewer.

In geheel het Garsies ook die algehele kompetisie vir skole gewen toe die skool tydens die prysuitdeling aangewys is as die Beste Skool in Noordvaal (seunshokkie).

Die o.16A-span was naaswenners en die o.14A eindig derde en wen dus brons. Die skool het nou sedert 2012 die Noordvaal-trofee in verskeie sportsoorte gewen.

Noordvaal-wenners :

2012 Dogtershokkie Eerstes

2013 Dogtershokkie o.15A deel

2015 Rugby Eerstes

2016 Rugby Eerstes

2016 Rugby o.14A

2018 Seunshokkie Eerstes

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button