GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Garsie-netbal presteer op SA kampioenskap

Garsies se eerste span wen al vyf hul groepwedstryde.

Tydens die onlangse SA Top Schools netbalkampioenskap het die o.17A-netbalspan weggestap met ’n bronsmedalje.

Hulle wen al vier hul groepwedstryde, wen teen Menlopark in die kwarteind, verloor in die semi-finaal en volg met ’n wen teen Waterkloof vir ’n 3de plek in Suid-Afrika.

Garsies se eerste span wen al vyf hul groepwedstryde teen onder andere Paarls Girls High, Ben Vorster en Secunda en eindig eerste in hul groep.

Dit verseker hulle posisie as een van die top agt eerste spanne in die land. Hulle het ook tydens die Gauteng-kampioenskap hul staal gewys en derde geïndig deur met Affies af te reken.

Die SA Top 8 kampioenskap vind plass van 9-12 Augustus by Wits, waar die top agt spanne dit gaan uitspook vir die nasionale titel.

Voor (vlnr): Cornel Steyn, Danielle Esterhuizen, Luka Greyling, Hielde Marais
Agter (vlnr): Ané Visser, Marise van der Westhuysen, Mariné Engelbrecht, Kara van der Walt, Cara van der Walt, Daniel Steyn, me Carin Strauss (afrigter), Amy Hendricks (Kondisioneerder).

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button