GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Laerskool Tuine se Taekwondo duo

Hulle het op 14 Julie aan die wêreldkampioenskappe deelgeneem.

Cody (Gr4) en Mei-li (Gr2) Sing is beide leerders van Laerskool Tuine.

Hulle doen Taekwondo en hierdie is die eerste jaar wat hulle aan toernooie deelneem.

Hulle het altesaam sewe brons-, 15 silwer- en agt goud-medaljes by die vier toernooie hierdie jaar bymekaar gemaak.

Waaronder elkeen een goud, twee silwer en een brons by vanjaar se Arnold classics verower het.

Hulle het ook op 14 Julie aan die wêreldkampioenskappe deelgeneem waar Cody eerste in sy afdeling was (wêreldkampioen) en Mei-li tweede in haar afdeling gekom het. Hulle het onder andere teen lande soos Rusland en Kazakstan deelgeneem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button