SKOOL: Eduplex se mesmaker word geslyp

Tydens die onlangse Brooklyn messkou was hy die jongste van 60 uitstallers.

Op die ouderdom van 16 jaar is Jean Wilke, ’n graad 10 leerling van Eduplex een van die jongste mesmakers in SA. Hy is ook die jongste lid van die American Bladesmith Society en ook lid van SABA vanaf 2016.

Tydens die onlangse Brooklyn messkou was hy die jongste van 60 uitstallers en wen die “beginner werkers lem” afdeling by die Baobab messkou. Sy messe word op bestelling gemaak.

Jean se groot droom is om die jongste ABS meestermesmaker in die geskiedenis te word. ’n Droom wat besig is om waar te word vir hierdie jong man.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version