Duisende mense het opgedaag by vanjaar se kaiingfees dié naweek in die noorde van Pretoria.
Organiseerder Ettienne Janse van Rensburg sê dat 9 000 mense die sesde kaiingfees bygewoon het.
“Ons het waarlik goeie bywoning geniet.”
Daar was talle stalletjies wat allerlei items en kos verkoop het, van springmielies en spookasem tot jaffels.
Janse van Rensburg sê meer as 1 000kg se kaiings verkoop.
Feesgangers het ook gesmul aan 24m se boerewors, geskenk deur Meat World.
LEES OOK: Church annual event gains popularity
Feesganger DJ Peyper, wat daar was met sy gesin, sê dit was wonderlik om so ’n lekker plaaslike fees te hê.
“Ek en my vrou het soveel pret gehad, ons baba het nie eens geslaap nie.”
Mart-Mari van Dalen was daar saam met haar kinders en sê sy het elke oomblik van die kuier saam met hulle geniet.
Janse van Rensburg, beskryf die fees as die viering van ’n “tradisie”.
“Ons braai kaiings en eet dit saam met pap.”
Hoewel kaiings die ster van die dag was, was daar ook ’n wye verskeidenheid van ander lekkerhappies soos kerrie en rys en gedraaide aartappels te koop by die fees.
Die geld wat ingesamel is, word aan ’n plaaslike liefdadigheidsorganisasie geskenk.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.