Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Noorde kaaingfees weer ‘n sukses

Gebraaide kaiings en pap was die orde van die dag by die 2018 kaiingfees.

Duisende mense het opgedaag by vanjaar se kaiingfees dié naweek in die noorde van Pretoria.

Organiseerder Ettienne Janse van Rensburg sê dat 9 000 mense die sesde kaiingfees bygewoon het.

“Ons het waarlik goeie bywoning geniet.”

Daar was talle stalletjies wat allerlei items en kos verkoop het, van springmielies en spookasem tot jaffels.

Janse van Rensburg sê meer as 1 000kg se kaiings verkoop.

Feesgangers het ook gesmul aan 24m se boerewors, geskenk deur Meat World.

LEES OOK: Church annual event gains popularity

Feesganger DJ Peyper, wat daar was met sy gesin, sê dit was wonderlik om so ’n lekker plaaslike fees te hê.

“Ek en my vrou het soveel pret gehad, ons baba het nie eens geslaap nie.”

Mart-Mari van Dalen was daar saam met haar kinders en sê sy het elke oomblik van die kuier saam met hulle geniet.

Janse van Rensburg, beskryf die fees as die viering van ’n “tradisie”.

“Ons braai kaiings en eet dit saam met pap.”

Hoewel kaiings die ster van die dag was, was daar ook ’n wye verskeidenheid van ander lekkerhappies soos kerrie en rys en gedraaide aartappels te koop by die fees.

Die geld wat ingesamel is, word aan ’n plaaslike liefdadigheidsorganisasie geskenk.

Mercedes Maako. Photo: Keitumetse Maako
Jancke, Ina en Etienne Janse van Rensburg. Photo: Keitumetse Maako
Shavaun Emslie. Photo: Keitumetse Maako
Johan van Deventer en Etienne janse van Rensburg. Photo: Keitumetse Maako
Sue and Wayne Hobson. Photo: Keitumetse Maako
Claudia, DJ en baba Ellia Peyper. Photo: Keitumetse Maako
Alta van Sittert en Bettie Vermulen. Photo: Keitumetse Maako
Danie Venter . Photo: Keitumetse Maako
Susone Swart. Photo: Keitumetse Maako

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button