SKOOL: Centurion-sussies spog met rits toekennings

Albei neem ook deel aan die Afrikaanse ATKV en dring deur na die nasionale semi-finaal.

Mariné en Mi-Jeanne Botha, onderskeidelik graad 7 en graad 1, is twee sussies wie hul ouers se koppe van hul lywe af praat.

Dié twee leerders van Laerskool Bakenkop spog met ’n rits toekennings vir 2018.

Nie net was hulle elk die wenners in hulle graad se Afrikaanse redenaars nie, maar Marine het haar afdeling in die Super 8 reeks waarin hulle skool deel geneem het gewen terwyl Mi-Jeanne tweede plek behaal het.

Albei neem ook deel aan die Afrikaanse ATKV en dring deur na die nasionale semi-finaal.

Mi-Jeanne het deurgedring na die finale ronde wat op 16 Augustus sal plaasvind.

Sy is die enigste graad 1 leerder wat haar man moet staan in haar kategorie van Graad 1-3 op nasionale vlak.

Albei neem ook in Augustus deel aan die Oppi Tong Af redenaars kompetisie.

Mi-Jeanne se video wat geplaas is op die skool se Facebook blad was deur 99 707 mense gekyk en 827 keer ge-share.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version