SKOOL: Menlo-koor is nootvas en toonaangewend!

Hulle het in die tweede week van die spele aan die beurt gekom en nie teruggedeins vir musikale uitdagings nie.

Hoërskool Menlopark se koor het waarlik noot gehou by die onlangse World Choir Games in Pretoria.

Die koor het hard gewerk om voor te berei vir die koorspele wat in die vakansie gehou is.

Hulle het in die tweede week van die spele aan die beurt gekom en nie teruggedeins vir musikale uitdagings nie.

Die Menlo-koor was van die enkele skoolkore wat kans gesien het om in twee afdelings in te skryf en het met ’n goue én silwer medalje weggestap.

In die afdeling Mixed Youth Choirs is hierdie gemengde koor van Pretoria beloon met 85,5% en ’n goue medalje. In die afdeling Gospel het die koor ’n silwer medalje verower.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version