Community galleriesGalleriesLocal newsNews

GALLERY: Skrywers en boekliefhebbers kom bymekaar vir indie opduik-boekfees

'n Prettige dag met unieke titels van indie-skrywers is Saterdag in Lynnwood gehou.

Meer as 50 skrywers met 100 boeke van onafhanklike of indie-skrywers het op Saterdag by die Alklantrant-biblioteek in Lynnwood Manor bymekaar gekom.

Die Indie opduik-boekskou het dosyne gelok en mense is bederf met menige skrywers wat lesers en besoekers meer vertel het oor hul unieke titels.

“Dit is vir ons baie belangrik dat indie-skrywers hul boeke kan uitsal en met die publiek kan gesels oor hul boeke en sommer ook die onafhanklike uitgeeproses kan handhaaf,” verduidelik Sabine Lehmacher, koördineerder van die boekfees.

Lehmacher verduidelik ook dat die opduik-boekskou ’n wonderlike geleentheid is om onafhanklike skrywers, uitgewerye en verspreiding te vier.

Die skrywers het oor hul werke, metodes en inspirasie rondom hul titels gepraat en het lesers aangemoedig om die onhanfhanklike boekskou verder te ondersteun.

Oos-inwoner, Elenor Kruger het aan Rekord gesê dat sy baie gelukkig is om die geleentheid by te woon.

“Ek is ’n getroue leser; dit is net absoluut wonderlik om te hoor hoe skrywers oor hul boeke gesels en meer te leer oor die proses en die werk wat daarin gaan.”

Die boekskou was verniet en oop vir die publiek.

DA-raadslid Pieter van Heerden het die oggendverwelkoming gedoen en kort daarna die oggend afgeskop met ’n lesing van kinderboeke.

Gaste was ook bederf met ’n bakdemonstrasie van koekiekuns, ’n reeks boeke wat handel oor meer ernstige kwessies soos verkragtig, en ook iets vir diereliefhebbers soos Alta Rossouw se boek oor terapiehonde.

Martie van der Walt
Ginny Stone and Soraya Hendricks
Dolores OldJohn
Dolores OldJohn and Fatuma Abdullah
Avril OldJohn
Fatuma Abdullah and Thabi Mosigi
Lora Goenewalt and Christina van Straaten
Elmarie Daschner

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button