SKOOL: Laerskool Wierdapark: ‘n Span om dop te hou
Die dogters gaan in Julie-maand deelneem aan die SA-kampioenskappe wat in Bloemfontein plaasvind.
Die Laerskool Wierdapark o.12-netbaldogters het besonder goed presteer dié seisoen.
Hulle het die April-skoolvakansie aan die Zwartkloof-toernooi deelgeneem en die eerste plek verower.
Die Wieries wen goud by die Super 12-kampioenskappe.
In die liga eindig hulle tweede en dring deur na die Gauteng-kampioenskappe. Hier het hulle eerste gekom en hul goudversameling groei.
Die dogters gaan in Julie-maand deelneem aan die SA-kampioenskappe wat in Bloemfontein plaasvind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
