GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SCHOOL: Laerskool Wierdapark: Artisticulta Redenaars

Hierdie prestasies is werklik ’n mondvol.

Laerskool Wierdapark se redenaars het vroeg in Junie hul staal gewys by die Artisticulta Redenaars finaal waar vyf provinsies se deelnemers sake uitgepraat het.

Ons sprekers het die gehoor van ’n hele paar punte oortuig en ons het puik uitslae gehad.

Ons uitslae is as volg: Anroux Du Plessis (sesde), Jayden Berry (vyfde), Christia Moller (derde), en Zoe Arndt en Rian Knoesen (albei tweede).

Jayden Berry wat eerste gekom het in die afdeling Onvoorbereide toesprake.

Hermann Pretorius en Berry was saam in ’n span wat ’n eerste plek losgepraat het. Die ander twee lede van die span was Thomas Arpin en Anika Crafford.

Hierdie prestasies is werklik ’n mondvol.

Laerskool Wierdapark se sprekers was voorwaar puik, en ons harte bars van trots!

Mooi so Wieries!

V.l.n.r: Jayden Berry, Anroux du Plessis, Christia Möller, Rian Knoesen (Zoë Arndt afwesig).

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button