GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Judo SA atleet presteer internasionaal

Sy neem ook onder andere in Tunisië deel met ’n besering wat sy vroeër opgedoen het in Berlyn, Duitsland by ’n oefenkamp in Maart.

Katja Lang, ’n graad 11 leerling van Hoërskool Eldoraigne, het bewys dat sy nie terugstaan vir ’n uitdaging nie.

Katja het in die laaste paar maande aan verskeie Judo kampioenskappe oorsee deelgeneem, waaronder andere die Tunisië IJF Cadet African Judo Cup en die African Judo Cadet Kampioenskap in Burundi.

Sy presteer uitsonderlik goed as ’n mens in ag neem dat sy sonder haar afrigter en ondersteuningstelsel moes toer.

Sy neem ook onder andere in Tunisië deel met ’n besering wat sy vroeër opgedoen het in Berlyn, Duitsland by ’n oefenkamp in Maart.

Judo Cadets is o.17 en sy en ’n ander kadet was die enigstes wat in Burundi ook aan die juniors (o.21) deelgeneem het.

In hierdie kampioenskap verower sy die toekenning as die beste SA Judoka vir die hele kompetisie.

Sy neem ook verder deel aan die spankompetisies.

Suid-Afrika se spanne maak SA Judo geskiedenis deurdat al die spanne vir die eerste keer medaljes kon verower.

Katja Lang het die volgende medaljes verwerf tydens internasionale Judo kompetisies:

– Goud o.17 in Tunisië

– Silwer o.17 in Burundi

– Brons o.21 in Burundi

– Brons span o.17 in Burundi

– Brons span o.21 in Burundi

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button