GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Hoërskool Centurion vier 60 skitterjare!

Vele bekendes, oud-Woeries, ouers, personeel en leerders het die dag bygewoon.

Die Woerie-fees het die naweek van 18-20 Mei by Hoërskool Centurion plaasgevind.

Die koue het nie die massa mense wat die fees kom bywoon het afgeskrik nie.

Dit was ’n naweek vol pret en plesier. Die leerlingraad het baie moeite gedoen met die vermaak en die matriekseuns en -dogters het mekaar selfs uitgedaag met ’n rugbywedstryd op die Vrydag.

Saterdag is die gemeenskap uitgenooi om deel te wees van die 60e verjaardagviering.

Vele bekendes, oud-Woeries, ouers, personeel en leerders het die dag bygewoon.

Leerders van Bambi Kleuterskool, Laerskool Louis Leipoldt en Hoërskool Centurion het opgetree.

Daarna het Faraway George en Elvis Blue die gehoor met hul puik vertonings vermaak.

Daar was ’n ongelooflike atmosfeer en mense van jonk na oud het die dag baie geniet.

Sondagoggend is die fees saam met Doxa Deo Lyttelton afgesluit.

’n Opelug-kerkdiens is gehou en ds. Greta Serfontein het die diens waargeneem.

Baie dankie aan almal wat betrokke was by die feesreëlings, veral die hooforganiseerders me. Karla Roux (Bemarker), mnr J. Cloete (Sporthoof) en Elri Grobler (The Purple Cow) wat hul uitstekend van hul taak gekwyt het.

Baie dankie ook aan die volgende borge wat weereens hulle lojaliteit en ondersteuning aan die skool gewys het: The Purple Cow, South African Breweries, Innjoy Boutique Hotel, Sunnyprint, en Wild Hawk Spur Steak Ranch.

Alumni: Dames oud-skoliere (1962) saam met mnr. Jan van der Merwe (oud-skoolhoof) en mnr. Ad Liefbroer (oud-onderwyser).
Die matriekseuns en -dogters het mekaar met ’n rugbywedstryd uitgedaag tydens die pretdag Vrydag.
Al 6 lede van die Minnaar-kroos is oud-Woeries. Van links na regs: Hettie Minnaar (gematrikuleer in 1978), Wilna (1977), Henri (1976), Stephanie (1991), Johann (1985) en Marie-Louise (1982).
Die kinders het hulself gate geniet by die Woerie-fees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button