GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Centurion netbaldogters skitter wéér!

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die o.16A’s onoorwonne uit die liga tree.

Hoërskool Centurion se netbal het hulself tydens die netbalseisoen goed gehandhaaf.

Die o.16A- en eerste span is ligawenners.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die o.16A’s onoorwonne uit die liga tree en albei spanne het vir die Tshwane-uitspele gekwalifiseer.

By die Tshwane-uitspele het die o.16A’s en eerste span Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Waterkloof gewen en algeheel derde by die uitspele geëindig.

Die o.17A’s wat tweede in die liga geëindig het, het ook gekwalifiseer vir die Tshwane-uitspele, maar kon ongelukkig nie tot die semi-finale deurdring nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button