SKOOL: Garsies hardloop Menlo plat in laaste 10 minute

Garsies is nou sedert 2011 nog onoorwonne teen Menlopark.

Voor ’n skare van duisende mense en ’n lewendige televisie uitsending, het Garsies sy beste gehou vir die laaste 10 minute.

Die wedstryd se uitslag was in die weegskaal tot sowat 10 minute voor die einde.

Toe het die Garsiebere losgetrek en drieë gedruk wat die skare verstom het.

Veral Diego Apollis (13) en Keagan Johannes (10) het die tuisskare op Bereapark by tye op hulle voete gehad met hul uitmuntende hardlooprugby.

Garsies het uiteindelik die wedstryd, wat deel is van die Virseker-reeks, met 48-24 gewen.

Keagan Johannes is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.

Garsies is nou sedert 2011 nog onoorwonne teen Menlopark.

In die hoof voorwedstryd het Garsfontein se o16 A-span ’n terugvegpoging soos min gelewer.

Nadat die span 21-0 agter was, het hulle met 34-21 gewen.

Die Garsiebere handhaaf ’n wenpersentasie van 82% in 2018 en speel op 9 Junie sy volgende wedstryd teen Monnas.

Dié skool het oor die laaste drie jaar die Virseker-beker twee keer gewen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version