SKOOL: HS Eldoraigne: Atletiekster skyn vir oulaas vir haar skool in Desember

Sy het diep spore in die skool se atletiek getrap en ons gaan haar verseker mis as sy klaar maak aan die einde van die jaar.

Hoërskool Eldoraigne se Charne-lee Olkers is gekies vir die 2018 AUSC Distrik 6 Spele.

Charne-lee Olkers is een van dié skool se top hekkies-atlete en is gekies om Suid-Afrika in Desember by die AUSC Streek 5 Spele vanaf 7-16 Desember in Gabarone, Botswana te verteenwoordig.

Daar gaan in 12 sportsoorte deelgeneem word.

Olkers vaar sover vanjaar uitstekend op die atletiekbaan. Sy wen die SA-Skolekamioenskap en kom 4e tydens die SA- seniorkampioenskap in Pretoria.

Sy het diep spore in die skool se atletiek getrap en ons gaan haar verseker mis as sy klaar maak aan die einde van die jaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version