SKOOL: Super Zwarrie spellers

Tien ywerige Zwarries het pligsgetrou 1 000 woorde geleer en in April by die Gauteng-uitdunne skoonskip gemaak.

Dit is weer tyd vir vanjaar se ATKV-Spelathon.

Tien ywerige Zwarries het pligsgetrou 1 000 woorde geleer en in April by Leeuwenhof Akademie by die Gauteng-uitdunne skoonskip gemaak.

In die kategorie gr. 10-12, wen Kieara Smit (gr. 11) met Alienke Boot (gr. 11) kort op haar hakke in die 4e plek.

Almé Hugo (gr. 10) verwerf ’n 5e plek en Diandra Slabbert (gr. 10) eindig 7e.

In die kategorie gr. 8 en 9, het die Zwarries net so goed presteer.

Karli Weinmann (gr. 8) spook dit uit tot ’n 5e plek uit 38 deelnemers.

Elya Bronkhorst (gr. 9) verwerf ’n 7e plek.

Tydens die Gauteng-finaal kompetisie, gehou op 9 Mei te Bryanston Parallel Medium skool, het Almé Hugo uitsonderlik presteer en is aangewys as die top-speller in Gauteng.

Sy dring deur na die nasionale finaal in Kaapstad gedurende Septembermaand. Ons wens haar alle sterkte toe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version