SKOOL: PUK prestige sportreeks kampioene

Die PUK-reeks finale het op 5 Mei te Potchefstroom plaasgevind.

Tydens vanjaar se PUK prestige sportreeks het Hoërskool Zwartkop behoorlik stof in hul opponente se oë geskop.

Nie net het die Zwarries as kampioene uit die stryd getree nie, maar is daar vanjaar ook ’n paar uitsonderlike prestasies behaal wat behoorlik geskiedenis gemaak het.

Die PUK-reeks finale het op 5 Mei te Potchefstroom plaasgevind waar altesaam 16 skole teen mekaar te staan gekom het.

Hoërskool Zwartkop is aangewys as wenners van die rugby-afdeling met ’n totaal van 140 punte.

Die hoërskole Noordheuwel en Montana het die tweede en derde plekke opgeëis met ’n puntetal van 137 en 133 onderskeidelik.

Zwartkop het ook ’n eerste plek behaal in die kleinspansporte (skaak, seuns hokkie, tennis, gholf en landloop) met ’n indrukwekkende 145 punte, ’n volle 24 punte voor die tweede plek.

Potch Gimnasium het die Zwarries met een enkele punt verbygesteek in die netbal-afdeling en moes hulle tevrede

wees met die tweede posisie met ’n puntetal van 138.

Die finale algehele uitslae van die PUK-reeks lyk soos volg: Hoërskool Zwartkop, eerste, 492 punte; Hoërskool Noordheuwel, tweede, 469; Hoërskool Marais Viljoen, derde, 439; Hoërskool Montana, vierde, 427; en Potchefstroom Gimnasium, vyfde, 414.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version